Solidariteit music fest

Thunder

///Member
So there is a music fest thing at the Voortrekker monument on the 17th of November.
Thought if we could we can make an event of it. There is braai spots and everything, the earlier we get there the more and better place we get.
Any takers or suggestions?
 

Thunder

///Member
So bietjie meer informasie


Die AfriForum Musiekfees gaan elke jaar van krag tot krag. Jy kan hierdie jaar deel wees van die feestelikheid ter afsluiting van die Solidariteit Beweging se 110de verjaardagvieringe. Dit sal AfriFroum se sesde musiekfees wees.

Die Mynwerkersunie is die afgelope dekade omskep en uitgebou tot Solidariteit en onlangs tot die Solidariteit Beweging, bestaande uit 18 gemeenskapsorganisasies, waarvan AfriForum deel is, 400 werknemers, sowat 2 000 deeltydse verteenwoordigers en 170 000 lede.

Verlede jaar het meer as 30 000 mense by die Voortrekkermonument in Pretoria vir die musiekfees saamgetrek en hierdie jaar verwag ons niks minder nie, juis omdat ons die Solidariteit Beweging se 110de verjaardagvieringe hier sal afsluit. Steve Hofmeyer, Jay du Plessis, Sorina (Flooze van 7de Laan) en Jakkie Louw, om maar ’n paar van die 18 persoonlikhede te noem, gaan by die fees optree.

Die musiekfees het ses jaar terug begin ter viering van Pretoria se stigting en hierdie jaar vier die stad sy 157ste verjaardag.

Kom maak gerus ’n draai en geniet die dag saam met die Solidariteit Beweging. Die hele gesin is welkom!

Wanneer: 17 November 2012
Waar: Voortrekkermonument, Pretoria
Tyd: 07:00 tot 13:00
Wat om saam te bring: ʼn Stoel, sambreel en gees
Ingang: Gratis
 
Top